top of page

LIEFSTE LESER NOTE FROM THE AUTHOR

Eendag was daar ‘n meisie. Op die oog af was sy nie werklik spesiaal of anders nie. ‘n Eenvoudige meisie waarna geen vreemdeling in die verbygaan twee keer sal kyk nie, maar weggebêre onder die lae en lae normaliteit wat die lewe van haar vereis het sy geglo (nee, sy het geweet) sy is anders. Sy het geweet sy is bestem vir iets meer. Sy het ‘n boks vol kryte in haar kop gehad waarmee sy die lewe op verskeie maniere ingekleur het. Sy het geweet die manier hoe sy na die lewe kyk is anders. Dis ‘n gevoel wat van kleins af in jou bene gaan sit en elke liewe beweging bepaal. Dit het haar links of regs bepaal, haar ja of nee, haar loop of hardloop, haar lag of huil, haar stilte en haar storms. Daar was net een probleem…

​

Een vir een het iemand haar kryte gebreek. Alhoewel haar bene vir haar gegil het dat sy anders is, het haar brein die bene stil gemaak. Die saadjie van twyfel het ‘n rankplant geword wat haar bene en ligamente vasgehou het en al wat toe oorbly was ‘n grysheid en stukkies kryt op die vloer. Skielik was haar links-en-regs reaksie vertraag, haar ja of nee ‘n “ek weet nie”, haar loop en hardloop slegs skuifeltreëtjies, haar lag en huil net onderdrukte emosies en in plaas van groot stiltes of uitbundige storms het die weer net heeltemal verdwyn. Kort voor lank het hierdie meisie haar drome van groter dinge agtergelaat, haar kleurvolle kryte wat stories vertel het weggepak en normaliteit toegelaat om haar te verdrink. Skielik het haar dae grys geword soos almal anders s’n.

​

Maar nagte was steeds ‘n kleurvolle klankbaan en in haar drome het haar verbeelding soos ‘n kind gehuppel en stories vertel wat hierdie meisie eintlik moes leef. Maar dis waar haar uniekheid gebly het…in die donker, in die nag, in haar eie gedagtes, haar kryte mooi weggesteek onder haar bed. Min het sy geweet dat dit sou verander…

​

Dit was ‘n normale dag. Normale weer, normale handelinge. Soos gewoonlik het sy haar klein storietjies en kleurvolle gedagtes vir die dag se grys verruil. Skielik klop daar ‘n vreemdeling aan haar deur. Die meisie was vir jare nie gewoond daaraan om hierdie geheime deur tot haar gedagtes oop te maak nie, sy’t al te veel mense ontmoet wat nie haar unieke kleurkombinasies kon verstaan nie, maar hierdie vreemdeling het vir haar bekend geklink. Sy het die deur op ‘n klein skrefie oopgemaak uit nuuskierigheid. Die vreemdeling het deur die skrefie vir haar ‘n blou kryt aangegee. Sy het geglimlag. Wie is jy en waar kom jy en jou kleur vandaan? Sy het die deur verder oopgemaak en met elke woord het die vreemdeling vir haar nog ‘n kleur oorhandig. Kort voor lank het sy hom ingelaat met haar arms vol kleure. Sy was skielik verward. Wat moet sy met al hierdie kryte maak? Hy het net vir haar gelimlag en gesê dat sy haar kleur moet deel. Dat die lewe nie net grys is nie, dat sy moet ophou wegkruip en net wees wie sy werklik is.

​

En hier sit ek vandag. Geïnspireer deur ‘n vreemde man met ongelooflike stories wat my, sonder dat hy weet, gehelp het om vir een laaste keer die lewe ‘n kans te gee. Iemand wat my die moed gegee het om my stories te vertel, die stories in my kop wat ek in my drome wegsteek. Die man met die “blou kryt” …jy verteenwoordig elke persoon wat nog ooit in my geglo het. Elke vreemdeling of vriend wat sonder hul wete my gehelp het om my stukkies op te tel en my laat besef het dat ek nie hoef weg te kruip vir die wêreld nie. Ek sal nooit spyt wees dat ek my gedagtes se deur vir elkeen van julle oopgemaak het nie. Dankie vir die kryte van inspirasie wat ek  kon kry om die grys eentonigheid weer stukkie vir stukkie met my verbeelding in te kleur en so my hart heel te maak.

​

Die lewe gaan oor die klein dingetjies wat ons daagliks sien en ervaar en doen. Hier is my klein dingetjie…my druppel in die lewe se emmer. My kryte waarmee ek elke aand lê en inkleur. Ek deel dit graag met wie bereid is om dit te lees. Hierdie blog is nie ‘n self-help blog nie. Dis nie ‘n kos-blog of travel-blog nie. Dis sommer net ‘n plek waar ek aan my stories kan gestalte gee. So hierdie blog is vir almal wat soms voel hulle kyk anders na die lewe, vir almal wat voel hul drome hoort in boeke, vir al die weirdos, die mense wat soos ek behep is met vreemde donker dinge, maar ook maklik die mooi en vreemde detail in klein dingetjies raaksien. Miskien raak hierdie vir jou ‘n selfhelp-blog oor hoe om jou kleure te gebruik, miskien raak dit vir jou ‘n “kos vir die siel” blog, miskien raak dit vir jou ‘n vreemde plek waarheen jou gedagtes kan travel…mag my storietjies dit regkry om op een of ander manier jou gryswêreld in unieke kleure te laat dans.

​

Liefde

Die Dromer

One day there was a girl. At face value she wasn't special or different. A simple girl at whom no stranger would look twice in the passing. But hidden away under the layers and layers normality that her life required, she thought (no, she knew) she was different. She knew she was destined for something more. She had a box full of crayons in her head with which she coloured life in many ways. She knew the way she looked at life was different. It's a feeling that sits in your bones from an early age and determines every kind of movement you make. It determined her left or right, her yes or no, her walking or running, her laughing or crying, her silence and her storms. There was just one problem...

​

One by one someone broke her crayons. Although her bones screamed at her that she was different, her brain silenced them. The seed of doubt has become a chain that bound her legs and ligaments. All that remained was a greyness and chunks of broken crayons on the floor. Suddenly her left and right reaction was delayed, her yes or no an "I don't know", her walk and run only shuffles, her laughter and crying only suppressed emotions and instead of big silences or exuberant storms the weather just completely disappeared. It did not take long for this girl to leave behind her dreams of bigger things, to pack away her colourful crayons and allow normality to drown her. Suddenly her days turned grey like everyone else's.

​

But nights remained a colourful soundtrack to which the child in her skipped and jumped enjoying the stories she were suppose to be living. But that's where her uniqueness remained ... in the dark, at night, in her own mind, her crayons hidden beneath her bed. Little did she know it would change ...

​

It was a normal day. Normal weather, normal daily motions. As usual, she exchanged her little stories and colourful thoughts for the day's grey, but suddenly a stranger knocked on her door. The girl hadn't been accustomed to opening the door to her secrets and her mind anymore. She'd met too many people who couldn't understand her unique colour combinations, but this stranger sounded familiar to her. Out of curiosity she opened the door a little. Through this tiny slit in the door the stranger gave her a blue crayon. She smiled. Who are you and where did you and your colour come from? She opened the door further and with each word he spoke the stranger handed her another colour. It wasn’t long until she let him in with her arms full of all the colours. She was suddenly confused. What should she do with all these crayons? He just smiled at her and said she should share her colour. That life is not just grey, that she must stop hiding and just be who she really is.

​

And here I am today. Inspired by a strange man with incredible stories who, without knowing, helped me to give life one last chance. Someone who gave me the courage to tell my stories, the stories in my head that I hide in my dreams. The man with the "blue crayon" ... you are every person who has ever believed in me. Every stranger or friend who, without their knowledge, helped me pick up my pieces again and made me realize that I don't have to hide from the world. I will never regret opening my mind to each of you. Thanks for the crayons of inspiration that healed my heart and I can once again use to colour in the grey monotony of life through my imagination.

​

Life is about the little things we see and experience daily. Here's my little thing ... my teardrop in life's bucket. My crayons with which I colour every night. I like to share it with whoever is willing to read. This blog is not a self-help blog. It's not a food blog or travel blog. It's just a place where I can free my imagination. So, this blog is for anyone who sometimes feel like they look at the world differently, for everyone who feel their dreams belong in books, for all the weirdos, the people who, like me, love strange and dark things, but also those who see the beautiful finer detail in life. Maybe this will be a self-help blog about how to use your own colours, maybe it will become a "food for the soul" blog, maybe it will become a strange place your mind can travel to ... may my stories make it possible to let your grey world dance in unique colours.

​

Yours sincerely,

The Dreamer

Capture+_2019-03-26-13-48-16.png
bottom of page