top of page
Search

Bagasie

Updated: Oct 29, 2020

https://za.pinterest.com/pin/643662971725446950/

Die vlug Johannesburg toe is ‘n uur vertraag. Gelukkig het sy haar boeke en musiek. Altyd genoeg om vreemdelinge buite te hou.


“Trek ‘n slag mooi aan lughawe toe. Jy weet nooit of jou trouman daar ronddwaal nie.”


Sy rol sommer haar oë gedagtig aan haar ma se woorde. Elke pot het ‘n deksel, maar sy is ‘n pan. Sy sit haar musiek harder en slaan haar boek oop.


Hy gaan sit reg oorkant haar, ook oorfone in sy ore. Vir ‘n oomblik wonder sy of hulle redes dieselfde is, maar dit kan nie wees nie. Hy lyk soos Ryan Gosling met sy stylvolle Clubmaster leesbril. Daar sal niks skroom met sy selfvertroue nie.


Hy kyk op, sy kyk vining af.


Om openlik te flankeer is haar Achilles heel, veral as ‘n man duidelik buite haar league is. Vir die res van die uur konsentreer sy op haar leeswerk.


Haar vlug word aangekondig en sonder om weer in Mnr Gosling se rigting te kyk, gryp sy haar boeke.


Terwyl sy in die tou staan en lees voel sy ‘n lingering teenwoordigheid van agter. Mnr Gosling kom staan half langs haar. Fyn tattoos wys waar sy wit t-hemp nie sy arms bedek nie. Heeltemal buite haar league, dink sy weer. Hy probeer iets sê.


“Skuus?” sy haal haar een oorfoon uit.


“Wat is Drama Terapie?”


Sy kyk af na haar boek. Is hy regtig besig om met háár te gesels?


“Oh, uhm, dis…” begin sy.


En dan sien sy dit…’n ligte bewe van sy bo-lip toe hy probeer glimlag terwyl sy praat. Is hy op sy senuwees? Sy haal haar ander oorfoon uit.


“Dis om drama om te skakel in terapeutiese tegnieke. Veral met kinders wat trauma ervaar het. Dis navorsing vir my Meesters.”


“Dis min dat ‘n mens deesdae iemand sien lees.” Sê hy met ‘n beïndrukte glimlag. “Ek is self besig met my Meesters.”


“Dis min dat mens deesdae gesprekke kan aanknoop met geleerdes.” Antwoord sy met dieselfde beindrukte glimlag. “Watter rigting?”


“Ingenieurswese.Ek is juis nou op pad Duitsland toe vir 6 maande om navorsing te doen.”


“Indrukwekkend.” Sy sien hoe hy senuweeagtig aan sy nek vat asof hy die skielike blos probeer weg vryf. Daar is ‘n stut om sy arm.


“En dit?” vra sy. “Is jy ‘n ingenieur wat in bar fights betrokke raak?”


Hy lag. Sy hou van die geluid.


“Nee, ek boks in my vrye tyd. Comes with the territory.” Sê hy terwyl hy onbewustelik oor die stut vryf. “Ek moet iets vind om myself mee besig te hou.”


“Urgh, self. As ek te ledig raak wil my ma gereeld weet hoekom ek nie eerder op dates gaan nie.”


Weer die aangename geluid van sy lag.


“Oh, goed om te weet ek is nie al een met ouers wat moan oor verhoudings nie. Gelukkig het my broer eers op 40 vrou gevat so hy’t darm die ys vir my gebreek.”


Lucky you. Ek is die oudste kind. Dis die probleem. Maar ek bly net sê dis nie meer die 1950’s waar vroue se waarde aan ‘n huwelik en kinders gemeet word nie. Ek het ander aspirasies.”


“Ek hou daarvan.” Sy oë vonkel agter die brillense en sy voel skielik hoe die gloed oor haar gesig versprei. Sy besef skielik hierdie man voor haar is iemand met layers. Iemand wat intelligent is, maar lyk asof hy op ‘n Saterdag Fokofpolisiekar harder draai. Iemand wie mense soms misverstaan omdat hy nie in ‘n boksie geplaas kan word nie. Iemand net soos sy.


In hul beide se rare oomblik van kwesbaarheid maak stoel 14B skielik ‘n verskyning reg langs haar. Passasiers druk van agter af.


“Dit was lekker om jou te ontmoet,” sê hy met ‘n uitdrukking van iets meer in sy oë.


“Selfde,” sê sy terwyl die bekende vreemdeling deur die ander passasiers in die paadjie afgedwing word.


Toe die vleigtuig opstyg skribbel sy haar nommer op ‘n blou sticky note neer. Gaan sy regtig dit te doen? Sy het nog nooit so ‘n skielike konneksie met iemand gehad nie. Moet sy dalk badkamer toe loop as ‘n verskoning? Of dalk sal hy die moed hê om na haar toe te kom? Miskien vra om sitplekke te ruil? Indien nie, sal hulle miskien “toevallig” saam vir hul tasse wag?


Na 2 ure se dink, klim sy braaf van die vliegtuig af. Gereed om vir eens in haar lewe ‘n risk te neem.


Maar hy was nooit by baggage claim nie.


Sy neem haar tas en stap weg. Opgevrommelde sticky note in ‘n drom. Boek in die hand. Oorfone terug in haar ore.

 
 
 

Comments


© 2019 by Die Dromer. Proudly created with Wix.com

bottom of page