"These are a few of my favourite things..."
- diedromer
- Mar 26, 2019
- 8 min read
1. Ek hou van die vars reuk van die vroeë oggend soos dit in dartel deur my kamervenster.
2. Ek hou van ‘n boodskap op my foon om my selfbeeld te herinner dat iemand, iewers my sien as spesiaal en belangrik
3. ‘n Boodskap as ek wakker word en weet iemand het aan my gedink voor hulle gaan slaap.
4. Ek hou van die gevoel van vryheid wat ek vind in ‘n lang warm bad.
5. Dat ek my dag kan oordink terwyl my vel nuut word onder die water.
6. Baie glase koue water wat my laat voel asof ek al die vuil uit my liggaam kan spoel.
7. Die diep geure van ‘n goeie rooiwyn, die knetter van ‘n kaggel en die uitbundige lag van mense met wie ek my spasie gewilliglik deel.
8. Ek hou van woorde wat voel soos my eie en films wat my herinner aan die bestaan van sprokiesliefde.
9. Ek hou van die ekstase in my maag as ek in die fleuel van die verhoog wag om te perform.
10. Ek hou daarvan dat ek van iets kan seker wees in my lewe: ek is goed daarin, ek is ‘n goeie aktrise.
11. Die wete dat as ek in die donker gehoor in staar daar ‘n ry geliefdes is, daar net vir my.
12. Ek hou daarvan om mense te laat lag, mense te herinner hulle is uitmuntende wesens, veral wanneer ek nie myself kan herinner nie.
13. Maar ook as musiek my kan help weet, as mense nie kan nie.
14. Ek hou van die alleen gevoel wat musiek skep, die gevoel dat alles is oneindig en alles is okay.
15. Om op en af te spring en te skree in akkoord wanneer musiek en lirieke mekaar passievol ontmoet.
16. Ek hou van musiek vol gevoel wat lei tot gevoel, lei tot diep gesprekke en dieper konneksies.
17. Konneksies wat jou laat voel asof elke woord gewig dra, asof jou opinie gewig dra.
18. Ek hou daarvan date k nie hou van small talk nie.
19. Ek hou van meer weet…hoekom lag jy as die wereld huil? Hoekom wil jy streef na perfeksie? Wat maak jou kwaad? Hoekom wil jy nie anders wees nie? Hoekom is jy bang? Waaraan dink jy voor jy gaan slaap?
20. Ek hou van real mense. Mense wat net is.
21. Ek hou van algemene kennis bordspeletjies, die gevoel wat intellegensie in my wakker maak.
22. Mense wat my brein breek en my buite die boks laat dink.
23. Ek hou van ‘n weskus-kersfees, ek hou van my bombastiese-voor-op-die-wa familie, ek hou van elke nuwejaar sonsak en belaglike vieringe op ons stoep.
24. Ek hou daarvan om met Kersfees te se waarvoor ek dankbaar is, maar ook te hoor waarvoor my naastes dankbaar is.
25. Om saam met my familie verlore geliefdes te mis en te weet dis okay om soms fragile te wees.
26. Ek hou van mense wat vir ander se pyn kan huil, mense wat my herinner dat ons gees breek nie soos bene nie.
27. My beste vriendinne. Ek hou van hulle. Persoonlike grappies wat nooit einde kry nie, glase wat nooit leeg raak nie, stories wat nooit op raak nie, danspassies wat nooit oud word nie.
28. Aande wat in saligheid en goeie agtergrond musiek oggende word en vriende wat familie word.
29. Ek hou van proteas. Hul wilde, ongerepte en sterk skoonheid. Ek wil ‘n protea wees.
30. Maar ook die reuk van boeke en die mooi woorde en stories wat daarbinne skuil.
31. Ek hou van avonture.
32. Die wete dat daar nog soveel dinge is om vir die eerste keer te ervaar.
33. Die reuk van my niggie se baba seuntjie en die onkeerbare nuuskierigheid in sy ogies.
34. Die ongekunstelheid, opgewondenheid en onskuld van my kinders.
35. Ek hou daarvan om te kyk hoe my ma en pa dans, die wete dat ek uit liefde en met liefde groot gemaak is.
36. Ek hou van my huis, my plaas en die reuk en gevoel van die veld.
37. Die uitspattige geluk van ons twee skaaphonde as ek skemer saam met hulle die grond onder ons voete voel en die vars fynbos lug inasem.
38. Ook die reuk van my ouma se kos wat my vir ure na die horlosie laat staar in die hoop dat dit 1 uur sal word.
39. Haar oproepe om oor rugby te gesels of sommer net te hoor of my hart nog heel is en of dit goed gaan.
40. Ek hou van foto’s wat mense se menswees en siel wys…onbeskryfbare liefde en geluk.
41. Ek hou daavan om langs my beste vriendinne in die bed te le en lag oor goedjies waaroor ons eintlik moet huil.
42. Ek hou van uit my maag uit lag.
43. Ek hou van vriendelikheid.
44. Al my vriende op een plek besig om belaglik en weird te wees, ek hou van julle, julle verryk my lewe en het my geleer dat “anders” is goed.
45. Ek hou daarvan om saam met my sussie scary movies te kyk en te eet tot ons naar is.
46. As sy lag saam met my of lag vir my of net spontaan…lag
47. Ek hou daarvan om soms langs haar te lê en te voel soos twee klein dogtertjies wat verewig gebind is en die feit dat ons weet ons het mekaar nodiger as wat ons sê.
48. Ek hou daarvan as my pa my onverwags “hello liefie” stuur of as sy groot liggaam my styf vasdruk wanneer ek uiteindelik by die huis is.
49. Dat hy my geleer het dat dit is okay vir ‘n vrou om slim te wees.
50. Dat hy my nuuskierig en honger maak vir inligting.
51. Ek hou daarvan dat my ma die eerste mens is vir wie ek raad vra, dat ek langs haar op die bed kan lê en haar leestyd kan onderbreek met my simpel gesels.
52. Ek hou daarvan dat ek soms kan sien ek kry my awkwardness van haar af.
53. Ek hou daarvan om te weet ek aard na haar.
54. Ek hou daarvan dat my pa vir my ma ‘n stem gee en ure met haar om die vuur kan gesels.
55. Ek hou daarvan dat ooms en tannies soos ouers is en niggies en nefies soos sussies en boeties is.
56. Ek hou van liefde.
57. Die feit dat ten spyte van al die sleg ek steeds glo dat liefde alles verander.
58. Maar meeste van alles hou ek van die feit dat ek ‘n uur terug begin skryf het en skielik besef dat hierdie lys verewig kan aanhou…
1. I like the fresh smell of the early morning as it dances through my room window.
2. I like a message on my phone to remind my self-esteem that someone, somewhere sees me as special and important.
3. A message when I wake up to tell me someone was thinking of me before they went to bed.
4. I like the feeling of freedom I find in a long hot bath.
5. That I can think about my day while my skin renews under the water.
6. A very cold glass of water that makes me feel like I can flush all the dirt out of my system.
7. The deep flavours of a good red wine, the crackle of a fireplace and the exuberant laughter of people with whom I willingly share my space.
8. I like quotes that feel like my own and movies that remind me of the existence of fairy tale love.
9. I like the butterflies I feel in my gut when I wait to perform in the wing of the stage.
10. I like that I am sure of something in my life: I'm good at it, I'm a good actress.
11. Knowing that when I stare into the darkness of the auditorium there is a row of loved ones, just there to see me.
12. I like to make people laugh, remind people they are excellent beings, especially when I can't remind myself.
13. Music that reminds me of my worth when people can’t.
14. I like the solitude that music creates, the feeling that everything is infinite and everything is okay.
15. To jump up and down and shout in agreement when music and lyrics perfectly meet each other in a moment of beauty.
16. I love music that leads to emotions, leads to deep conversations and even deeper connections.
17. Connections that make you feel like every word matter, as if your opinion matters.
18. I like that I don't like small talk.
19. I like to know more than the ordinary ... why do you laugh when the world cries? Why do you want to strive for perfection? What makes you angry? Why don't you want to be different? Why are you scared? What do you think about before you go to bed?
20. I like real people. People who just is.
21. I like general knowledge board games, the feeling that intelligence awakes in me.
22. People who tickles my brain and make me think outside the box.
23. I love a West Coast Christmas, I love my bombastic-crazy family, I love every New Year's sunset and ridiculous celebrations on our patio.
24. I like to say what I am grateful for at Christmas, but also to hear what my loved ones are grateful for.
25. To miss lost loved ones and to know it's okay to be fragile about it sometimes.
26. I like people who can cry for others' pain, people who remind me that our spirit doesn't break like bones.
27. My best friends. I like them. Personal jokes that never end, glasses that never run empty, never-ending stories, never-ending dance moves.
28. Blissful evenings and good background music that turns into beautiful mornings and friends that turn into family.
29. I like proteas. Their wild, pristine and strong beauty. I want to be a protea.
30. But also the smell of books and the beautiful words and stories hidden inside.
31. I love adventures.
32. Knowing that there are so many things to experience for the first time.
33. The smell of my cousin's baby boy and the unstoppable curiosity in his eyes.
34. The ignorance, excitement and innocence of my schoolchildren.
35. I like to watch my mom and dad dance, knowing that I was created through love and am loved.
36. I love my house, my farm and the smell and feel of the veld.
37. The extravagant happiness of our two shepherd dogs as I observe dusk with them and feel the ground beneath our feet and inhale the fresh fynbos air.
38. Also the smell of my grandmother's food that makes me stare at the watch for hours in the hope that it will be lunch soon.
39. Her calls to talk about rugby or just to hear if my heart is still whole and if everything is going well.
40. I like photos that show people's inner being and soul ... indescribable love and happiness.
41. I love lying next to my best friends in bed and laughing at things we should actually cry about.
42. I love laughing from deep in my gut.
43. I like kindness.
44. All my friends in one place being ridiculous and weird, I love you, you enrich my life and taught me that "different" is good.
45. I like to watch scary movies with my sister and eat until we want to puke.
46. If she laughs with me or laughs at me or just spontaneously ... laughs
47. I sometimes like to lie next to her and feel like two little girls who are bound forever and the fact that we know we need each other more than we say.
48. I like if my father sends me "hello sweetheart" unexpectedly or if his big body holds me tightly when I'm finally home.
49. That he taught me that it is okay for a woman to be smart.
50. That he makes me curious and hungry for information.
51. I like my mom being the first person I ask for advice, that I can lie next to her on the bed and interrupt her reading time with my silly talk.
52. I like that sometimes I can see I get my awkwardness from her.
53. I like knowing I am my mother’s daughter without a doubt.
54. I like that my dad gives my mom a voice and talks to her for hours.
55. I like that uncles and aunts are like parents and cousins and nephews like sisters and brothers.
56. I love love.
57. The fact that despite all the bad I still believe that love changes everything.
58. But most of all I love the fact that I started writing this list an hour ago and now realize it can go on forever…
Commentaires